FOTO:  http://sunrisebrands.com/brands/melissa-mccarthy/

FOTO: http://sunrisebrands.com/brands/melissa-mccarthy/

Het jy gehoor?

FOTO’S: Melissa McCarthy wys haar skraler lyf

Die aktrise Melissa McCarthy het van haar oortollige vetrolletjies ontslae geraak. Sy pronk met haar nuwe figuur in ’n advertensieveldtog vir haar klerereeks, Melissa McCarthy Seven7, berig Hollywood Life

Die 45-jarige donkerkop het glo reeds meer as 22,5 kg afgeskud en wil selfs nog meer verloor.

Melissa voor haar gewigsverlies:

Melissa voordat sy gewig verloor het FOTO: Gallo Images / Getty Images

Melissa voordat sy gewig verloor het
FOTO: Gallo Images / Getty Images

En vandag:

Melissa lyk gesond en gelukkig in die Kersfees-geïnspireerde foto’s.

Volgens E! Online het die fotograaf wat dié foto’s geneem het, Brian Bowen Smith, gesê Melissa se klerereeks is net so vol lewe en liefde soos sy.

Haar geheim vir gewigsverlies? Die modeontwerper, wie se inklusiewe klerereeks vir alle vroue is, sê sy bekommer haar nie meer so baie oor haar gewig nie en boks graag om fiks te bly.

Melissa was ses maande gelede baie ronder as nou.

Melissa het haar loopbaan gebou op die feit dat sy nie rietskraal is nie. Maar Star berig dat sy weens gesondheidsheidsredes die gewig afgeskud het. Sy wil glo nou vir haar kinders se onthalwe gesonder wees en langer lewe.

Melissa is getroud met die akteur Ben Falcone en die egpaar het 2 kinders, Georgette (5) en Vivian (8).

Bronne: E! Online, Hollywood Life en Star

Lees ook: 

ZZZ

Dinge kook by SARIE – kom kuier saam!