FOTO: Instagram gwenstefani

FOTO: Instagram gwenstefani

Het jy gehoor?

FOTO’S: Miranda Lambert na-aap Gwen Stefani se pienk haarstyl

Is die country-sangeres Miranda Lambert se nuwe, pienk haarstyl deur haar eksman se nuwe meisie, Gwen Stefani, se kenmerkende kapsel van die 90’s geïnspireer? 

Volgens Hollywood Life het Miranda se haarstyl by Woensdagaand se Country Music Association Awards aan dié van ’n jonger Gwen herinner.

Tog hou Miranda se haarstilis, Johnny Lavoy, vol haar nuwe voorkoms het niks met Gwen uit te waai het nie. Hy sê Miranda se gunsteling-kleur is pienk en hoewel dit die eerste keer is dat sy haar hare dié kleur maak, is dit beslis nie die laaste keer nie.

Net gister is dit bevestig dat Gwen en die musikant Blake Shelton nou ’n paartjie is en  E! Online berig die twee het reeds saam ’n country-liedjie opgeneem.

A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

Blake en Miranda het in Julie vanjaar ná ’n huwelik van 4 jaar aangekondig hulle gaan skei. Gwen en haar eksman, die musikant Gavin Rossdale, het ’n maand daarna hul huwelik van 13 jaar geëindig. 

Gwen en Gavin het drie seuns: Kingston (9), Zuma (7), en Apollo (1).

Bronne: E! Online en Hollywood Life

Lees ook  

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting