FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

Het jy gehoor?

FOTO’S: Nadia Beukes se bruidstee

Sy is nog altyd in die wolke. Nadia Beukes, die aktrise met die mooiste glimlag, het verlede Sondag haar “bruidstee” gevier. En met die trouklokke wat later vanjaar lui, straal sy van oor tot oor. 

Nadia praat van hierdie feestelike geleentheid as haar “bruidstee” en nie haar kombuistee nie, want sy en haar verloofde, David de Villiers, ’n eiendomsontwikkelaar van Pretoria, het reeds alles wat tradisioneel as geskenke op ’n kombuistee gegee word.

Maar dit was ’n groot verrassing! Haar vriendinne het haar verras met die geleentheid by Salt, ’n restaurant in Hazelwood, Pretoria.

“Ek is onverwags omvou met soveel liefde toe my familie en vriende my verras het met ʼn bruidstee uit die boonste rakke!”

Haar strooimeisie Soné Combrink en die res van haar “dinamiese dames-ondersteuningspan”, Melissa Bam, Marisa Drummond en Edrien Erasmus, het Nadia se stoutste verwagtings oortref.

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

Nadia Beukes se kombuistee 34

FOTO Minette Cilliers Photography

Haar strooimeisie Ansua Steyn-Ahlström, haar ma, Eureke Beukes, en aanstaande skoonma, Annette de Villiers, was betrokke en teenwoordig by dié stylvolle geleentheid.

“Ek weet nie waar hulle tyd gekry het om als te reël nie en sonder dat ek daarvan uitgevind het nie!”

Natuurlik gee Nadia ook krediet aan haar verloofde, David.

“Hy het my die hele tyd van hul spoor afgelei en was self ook deel van al die beplanning.”

Sy voel soos die gelukkigste bride-to-be op die planeet. Die blomme, dekor, kos, ballonne was alles lieflik, vertel Nadia.

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

Soné het vir David en Nadia ʼn stel lapservette, waarop hul troulogo borduur is, as trougeskenk gekoop en die einste servette is op die bruidstee gebruik. Maar ná die feesvieringe het sy dit teruggevat, gaan was en stryk, en sal dit later weer vir hulle teruggee.

“Om die dag met my familie en vriende te kon deel was die grootste geskenk. En dan was ek nog verder bederf met meer as genoeg geskenkbewyse om te sorg dat ek my tas, vir ons wittebrood, behoorlik sal kan volpak. En dalk self nog ietsie vir my en David se kombuis aanskaf.”

FOTO Minette Cilliers Photography

Nadia saam met haar ma, Eureke, (regs) en haar skoonma, Annette, (links). FOTO Minette Cilliers Photography

Die regisseur René van Rooyen het, onder regie van Soné, spesiaal  ʼn oulike video van David en Nadia bymekaargesit. En Nadia se hartsvriendin Janine Habana het al die pad van Frankryk af ʼn video-boodskap gestuur!

Dis nog ’n geheim waar die wittebrood gaan wees. Maar in die video verklap David ’n paar opsies:

“Bali, Botswana, Brasilië, Margate… Sy sal nog moet sien.”

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

FOTO Minette Cilliers Photography

“Met ʼn blink veil op my kop, kousband om die been en ʼn bruidsborspeld op my bors het die vroue naaste aan my my geseën met hul teenwoordigheid, goeie wense en glimlagte terwyl ons ballonne die lug laat invaar het. Dit was ʼn beeldskone dag wat my reeds soos ʼn prinses-bruid laat voel het.”

Nadia is nie net dankbaar nie, maar tel nou ook die slapies tot haar troue.

Kyk Nadia en David se video hier:

Lees nou

Nadia, Donnalee … jy kan ook só lyk!

Dís hoe Nadia Beukes gewig verloor voor troudag