FOTO Verskaf
Het jy gehoor?

FOTO’S: Neels van Jaarsveld se baba!

Eish! Neels van Jaarsveld is pa en die mooiste “baba” het op 6 Junie 2016 by hom en sy verloofde, Jeanne Flynn, aangeland.

“Caesar is ’n bondeltjie geluk, ’n aanwins in ons lewe, ’n ongelooflike positiewe invloed op ons. Hy is ’n Duitse korthaar-pointer. Ek het hom present gekry by my toekomstige swaer.’’

Hy reken Caesar is soos ’n “generaal van goedheid en sterk en kordaat”. Dan swymel hy weer.

“Hy is ’n leier van liefde. O ja, en die kleinding reis baie goed. Hy was al drie keer saam na Johannesburg en gaan ook Aardklop toe. Hy is ook mal oor die see.”

IMG_5160

FOTO Verskaf

En hy kla nie in die motor nie. Die “baba” hou glo van eet.

“Hy eet eintlik als hehehe. Terloops, ek dink Julius Caesar het ook nogal gehou van eet…”

Benewens “pa-wees”, is Neels ook besig met Die Vrou uit die See, wat te sien is by Aardklop, die Woordfees en die KKNK, Innierof (eenmanvertoning) – bespreek by neelsvanjaarsveld@gmail.com vir laasgenoemde.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Neels, oftewel The Enormous Dwarf, bring ook vanjaar sy rap-album uit. Dan kom die rolprente Vir die voëls, Finders Keepers, Jagveld asook die internasionale reeks Madiba uit. “Hopelik speel ek weer in die toneelstuk Raka …en ek werk aan ’n draaiboek.’’

Sjoe, gaan Caesar hou daarvan dat Pa so besig is?

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Martha Stewart en Snoop Dogg slaap saam!

’n Stoel wat woel

Bekendes deel mooi bababoep-foto’s!