Het jy gehoor?

FOTO’S: Nianell stel album bekend, vertrek binnekort na NY

Nianell het ‘n lang pad in die bedryf geloop. Van haar kroegsing-dae tot platinumverkoper en liedjieskrywer met internasionale sukses, was dit ‘n ongelooflike reis.

Met 6 baie suksesvolle solo-albums, ‘n nuwe DVD, haar gewilde duet-albums met Dozi en Romanz en motiveringsboek, Om te weet wie ek is, nou op die rakke, was haar bekendstelling ‘n aand van vele vieringe en dankie-sê.

Nianell saam met Louis en André van RomanzNianell by Bianca le Grange en haar akteur-kêrel Keenan Arrison (The Wild)

Nianell op die verhoog

Benjy Mudie van Universal Music, iemand wat al diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap het, het gesê Nianell is een van die beste sangers met wie hy nog saamgewerk het.

Haar jare lange vriend en pianis Clinton Waring was die seremoniemeester vir die aand. (Sien video.)

Nianell het verskeie ander mense in die bedryf, soos haar vervaardiger en radiostasies, elkeen persoonlik bedank met ‘n geraamde album-versameling. Sy het later die aand ‘n spesiale familiefoto-collage aan haar man en bestuurder, Andrew Thompson, oorhandig.

Nianell en Andrew ThompsonNianell en haar man Andrew Thompson

[box:full:red:both]

New York toe!
Haar boek, Om te weet wie ek is (Knowing who I am in Engels), het onlangs ‘n kontrak by Hay House-uitgewers in Amerika losgeslaan. (Plaaslik word dit deur Struik Media uitgegee.) Hay House het haar genooi om in November vanjaar as deel van die I can do it! Ignite-kongres haar boek in New York bekend te stel.

[/box]

Nianell op die verhoogAndrew en Nianell by Benjy Mudie van Universal Music

Nianell op die verhoog

Andrew James (Select Musiek), Eloise Pretorius (OFM) en Wendy van Niekerk van Select Musiek (heel regs)

Nianell gesels met BRAVO by haar albumbekendstelling in Johannesburg (11 Junie 2012)Nianell gesels met BRAVO by haar albumbekendstelling in Johannesburg (11 Junie 2012)

Sangeres MoniQue by Andrew James van Select MusiekNianell op die verhoog