Somer Son
Het jy gehoor?

FOTO’S: Nuwe Afrikaanse fliek, Somer Son se première

Somer Son word in Mei vanjaar bekend gestel. Hier is foto’s op die rooi-tapyt by SA se eerste “groen” film. 

Dié prent gaan oor Pieter en Sonja Jooste: ’n alledaagse 30-jarige paartjie, wat ná vyf jaar van getroude lewe hul verhouding begin bevraagteken.

’n Vakansie in Mosambiek is net die ding wat hul verhouding nodig het, maar ’n motorongeluk op pad daarheen stuur hulle op ’n onverwagse avontuur …

Bekendes soos Bok Van Blerk en Hanna Grobler is deel van die rolverdeling.

Die klankbaan is ook spesiaal met bekende treffers van Laurika Rauch, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en nog vele ander geliefde Afrikaanse sangers.

Dié komiese-drama is van begin tot einde met sonkrag geskiet. Dit maak dus sin dat Somer Son-première-gaste elk met ’n koopbewys vir ’n boom huis toe is.

By dié geleentheid by Grove Mall in Pretoria, het die sterre hul beste voetjie voor gesit op die rooi-tapyt:

FOTO: Maryke Albertyn

Vroulike Hoofspeler, Juanita de Villiers FOTO: Maryke Albertyn

Hanna Grobler en Bok Van Blerk FOTO: Maryke Albertyn

Swanger Hanna Grobler en Bok Van Blerk FOTO: Maryke Albertyn

FOTO: Maryke Albertyn

Manlike Hoofrolspeler Reynard Slabbert FOTO: Maryke Albertyn

 

Kyk hier na agter-die-skerms-aksie tydens die skiet van Somer Son: 


Lees ook: