Minki en haar baba, Katerien, neem selfies FOTO: Instagram (@minkivanderwesthuizen)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Van ons gunsteling-sterre wys hul babas

Plaaslik én internasionaal verwelkom ons gunsteling-bekendes deesdae die oulikste pienkvoete. Kyk net hoe oulik is dié bekendes se babas!

Minki se Katerien

Minki van der Westhuizen en haar rugbyspeler-man, Ernst Joubert, se eersteling word elke dag ouliker. Katerien neem sommer nou al selfies ook! Minki en Ernst verwag later vanjaar hul tweede pienkvoet.

Klein Katerien speel met mamma se sonbril FOTO: Instagram (@minkivanderwesthuizen)

Klein Katerien speel met mamma se sonbril
FOTO: Instagram @minkivanderwesthuizen

Ontbytsake-sterre se pienkvoete

By kykNET se naweek-ontbytprogram, Ontbytsake, is die aanbieders deesdae baie besig met pajama-dril! Dié program se Carla Wessels en haar man Jandré het hul klein Heiko vroeër die maand verwelkom.

Carla se kollega, die weer-ghoeroe Jan-Harm Schutte, se klein Chloe het net ’n week ná Heiko haar opwagting gemaak. Chloe is Jan-Harm en sy vrou, Kim, se tweede dogtertjie. Hul eersteling, Emma, is twee jaar oud.

Corine du Toit se eersteling

Aktrise Corine du Toit se eersteling, baba Kiean, is kostelik. Dink jy nie dié baba lyk nes sy ma nie?

Lees hier meer oor Kiean se geboorte

Corine du Toit se baba Kiean FOTO: Facebook

Corine du Toit se baba Kiean
FOTO: Facebook

Derde seun vir die Wincklers

Heinz en Aletté Winckler se derde seun, Reuben, is al byna ’n maand oud. Aletté het dié oulike staaltjie op haar Facebook-blad gedeel:

Lian: Is Reuben al uit? Ek: Jip, kyk my maag is nie meer so groot nie. Lian kyk na my maag: Hy is nog n bietjie groot?? Dankie my seun.

Lees meer oor Reuben, wat sy ouers lank laat wag het, se geboorte.

Zanne Stapelberg se Katinka

Katinka is op 5 Maart vanjaar gebore. Maak seker jy volg dié skakel om te sien wat is Zanne en Jomar se Alexander (5) en Maja (2) se reaksie as hulle hul nuwe sussie vir die eerste keer ontmoet – klik hier om dié kostelike video te kyk.

Katinka Louise de Lange FOTO: Facebook

Katinka Louise de Lange
FOTO: Facebook

Rugby-babas in Maart

Die rugby-sterre Pierre Spies en Bob Skinstad en hul vroue het die afgelope naweek nuwe seuns in hul gesinne verwelkom. Bob en Debbie se klein Johnny is Vrydag gebore.

En kyk hoe oulik is Pierre en Juanné se Judah!

Graeme Smith en Morgan Deane se kinders

Grame Smith en sy vrou, die Ierse popster Morgan Deane, se Cadence en haar kleinboet Carter is te kostelik vir woorde. Morgan, wat vanjaar aan Idols wil deelneem, deel graag foto’s van die liefdevolle broer en suster. Sy het dié nuwe foto’s gister op Instagram gedeel.

Hollywood-babas

Chris Hemsworth, bekend vir sy rol as Thor in dié trefferfliek, het die afgelope naweek twéé babaseuns ryker geword. Chris en sy Spaanse vrou, Elsa Pataky, het hul tweeling – babas nommers twee en drie – Tristan en Sasha genoem. Elsa het dié foto op haar Instagram-blad gedeel.

Akteur Josh Duhamel se eersteling Axl Jack is verlede jaar in Augustus gebore. Hier wense hulle Axl se ma Fergie geluk met haar 39ste verjaarsdag.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram @joshduhamel

Simon Cowell en nóg sterre met nuwe babas

Kyk uit vir dié bekendes, wie se babas ook op pad is:

Onthou om HIER te kyk hoe Zanne se kinders reageer as hulle die eerste keer vir Katinka ontmoet!