Springbokkaptein Jean de Villiers het vir die tweede jaar die toekenning as Speler van die Jaar gewen. FOTO: Twitter

Springbokkaptein Jean de Villiers het vir die tweede jaar die toekenning as Speler van die Jaar gewen. FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Ons Bokke maak trots!

Bok-kaptein Jean de Villiers het gisteraand by die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (Saru) se toekenningsgeleentheid met die groot prys weggestap …

Ons land se top-rugbyspelers het gisteraand geskitter by dié geleentheid in Gold Reef City in Johannesburg.

Jean de Villiers wys sy troufoto’s

Die hoogtepunt was toe Jean de Villiers een van net ses spelers geword het wat meer as een jaar as die Rugbyspeler van die Jaar aangewys word, berig Beeld. Dit was die tweede keer dat Jean met dié prys beloon is.

Die kaptein, wat ook die prys vir drie van die jaar gewen het, se vrou, Marlie, het verlede jaar geboorte geskenk aan hul tweede dogter, Lana. Hul oudste dogter, Layli, is twee jaar oud.

FOTO: Minette de Villiers

Jean verlede jaar saam met Layli FOTO: Minette de Villiers

 

Die Griekwas en Cheetahs se Willie le Roux is aangewys as die Spelers se Speler van die Jaar.

Willie le Roux is die Spelers se Speler van die Jaar. FOTO: Twitter

Willie le Roux is die Spelers se Speler van die Jaar. FOTO: Twitter

 

Willie le Roux, spelers se speler van die jaar, by sy ma, Hanlie.

Willie le Roux, Spelers se Speler van die Jaar 2013, by sy ma, Hanlie
FOTO: Instagram

En die slot Eben Etzebeth is as die Jong Rugbyspeler van die Jaar aangewys.

Eben Etzebeth van die Stormers is die Jong Speler van die Jaar FOTO: Twitter

Eben Etzebeth van die Stormers is die Jong Speler van die Jaar
FOTO: Twitter

Eben Etzebeth en sy meisie, Megan Goddard FOTO: Twitter

Eben Etzebeth en sy meisie, Megan Goddard
FOTO: Twitter

Die groot wenners

  • Speler van die Jaar: Jean de Villiers
  • Spelers se Speler van die Jaar: Willie le Roux
  • Jong Speler van die Jaar: Eben Etzebeth
  • Springbok-sewesspeler van die Jaar: Cornal Hendricks
  • Span van die Jaar: Pumas
  • Afrigter van die Jaar: Jimmy Stonehouse (Pumas)
  • Superrugby-speler van die Jaar: Adriaan Strauss (Cheetahs)
  • Curriebeker-speler van die Jaar: Scarra Ntubeni (Westelike Provinsie)
  • Vodacombeker-speler van die Jaar: Fred Zeilinga (Haaie)
  • Drie van die Jaar: Jean de Villiers (Springbokke teen Wallis in Cardiff)

Klik hier vir ’n lys van al die wenners

Nóg foto’s van die geleentheid

Pat Lambie se troufoto’s – klik hier

Bron: Beeld