photo3
Het jy gehoor?

FOTO’S: Op stel by nuwe Afrikaanse fliek

Dit gaan oor Lien, ‘n matriekmeisie wat graag ná skool ‘n “gap”-jaar oorsee wil vat en dan weens moeilike huislike omstandighede besluit om op straat te gaan bedel.

Die lankstaanskoene verwys na die skoene wat sy aantrek wanneer sy in die straat gaan staan.
Carmen Pretorius (21) speel die rol van die 17-jarige Lien en sê laggend sy’s bly sy kan nog so jonk speel. “Lien is ‘n wonderlike karakter, ek’s mal oor haar,” het sy aan SARIE gesê toe ons gister die stel besoek het.

Die 'langstaanskoene'Carmen Pretorius word gegrimeer

Lien (Carmen Pretorius)Die grimeerkaravaan

Carmen het lang blonde hare en dra vir dele van die fliek ‘n swart pruik wanneer Lien haarself onherkenbaar wil maak om te gaan bedel.

“Ek het al bruin gebrand van al die staan in die son! Dis vreeslik warm, maar dis ook lekker,” sê Carmen. “Ek hoop regtig mense kom kyk die fliek, want dis ‘n baie mooi storie oor menswees.”

Bekende aktrise Elize Cawood speel die rol van Roos, ‘n bedelaar wat by dieselfde kruising as Lien staan. Grimeerkunstenaars het spesiale grimeertegnieke gebruik om Elize verweerd te laat lyk. Hykie Berg en Franci Swanepoel speel ook in die fliek.

Die fliek begin na verwagting middel vanjaar in rolprent-teaters draai.

Elize Cawood gegrimeer soos vir haar bedelaarsrol

Lees nog!

Volg SARIE se Twitterblad

Volg vir Carmen Pretorius op Facebook (Carmen Pretorius) en Twitter (@carmenlivesa)

SARIE TV was op die stel

  • Tina Pasmans

    Dit klink na n baie oulike film kan nie wag om dit te sien nie geniet vreeslike afrikaanse prente