FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: Plaaslike bekende sing vir prins Harry

Prins Harry se amptelike besoek aan Suid-Afrika het hom omtrent besig gehou. En gister was geen uitsondering nie, maar daar was darem tyd om Suid-Afrikaanse vermaak te geniet, berig Daily Mail

Die plaaslike sangeres Bianca le Grange het opgetree tydens ’n geleentheid in Johannesburg.

Bianca het dié foto van haar en die rooikopprins op haar Instagram-blad gedeel: “Ek het pas ’n koninklike ontmoet en vir hom opgetree,” het die foto se onderskrif gelees.

I jus met and performed for Royalty lol @PrinceHarry isn’t that cool

A photo posted by Bianca Le Grange (@bianca_le_grange) on

Harry het ook ’n paar jong entrepreneurs ontmoet.

Harry het sy toer na Suider-Afrika op ’n hoë noot afgesluit. Hy het die Nelson Mandela Foundation Centre of Memory besoek, waar hy ’n foto van homself aan die oud-president se weduwee, Graça Machel,  oorhandig het. 

Die foto wys hoe die 31-jarige prins die Suid-Afrikaanse vlag in die Suidpool plant ná hy van Madiba se dood gehoor het.

Dit was Harry se vierde amptelike besoek aan Suid-Afrika.

Bronne: Daily Mail en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!