Schalk Burger en Schalk Jr. FOTO: Instagram micheleburger1

Schalk Burger en Schalk Jr. FOTO: Instagram micheleburger1

Het jy gehoor?

FOTO’S: Plaaslike bekendes se mini Masterchefs

Sangeres Patricia Lewis en komediant Chris Forrest kom eerskomende Sondag in die Celebrity Masterchef SA-finale teen mekaar te staan. Met al die gegons daaroor, stel ons sommer vir die pret ’n lys saam van  plaaslike bekendes wie se kinders vir ons eie Celebrity Masterchef Junior kan inskryf.

As jy na dié foto’s kyk, is dit duidelik dat van ons plaaslike bekendes se kinders ook goed op pad is om meesters in die kombuis (én voor die kole) te raak.

Schalk Burger (hooffoto) en Schalk Jr. (3) braai ’n vleisie. “Wie sê ons kon nie braai in Japan nie,” lees die onderskrif van dié foto.

Nog ’n rugbyspeler wat hou van buite kos maak, is Morne Steyn. Wanneer daar nie pannekoek geëet word nie, word daar gebraai. Dié pa het op sy Instagram-blad geskryf dat sy seun, Jóvan (amper 3), die “beste braaier in die wêreld” is.

Graeme Smith en Morgan Deane se Cadence (2) en Carter (1) is glad nie bang om hul hande vuil te maak nie! Dié twee het sjokoladekoekies gebak.

Die Afrikaanse sanger Jakkie Louw se Linke is ook baie handig in die kombuis.

Linke help koek bak!!

A video posted by Jakkie Louw Propvol (@louwjakkie) on

Lees ook