FOTO: Instagram  @Laureus_sa

FOTO: Instagram @Laureus_sa

Het jy gehoor?

FOTO’S: Plaaslike bekendes maak stem dik teen xenofobie

Talle plaaslike bekendes gebruik hul invloed op sosiale media om anti-xenofobiese boodskappe aan hul aanhangers oor te dra. Van sangers tot sportsterre het hul kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige vlaag van xenofobiese aanvalle.

Die Springbok Schalk Burger (hooffoto) het die volgende in sy #SportAgainstXenophobia-twiet geskryf: “Madiba het gesê dat sport mense bymekaar kan bring. Word deel van die beweging om xenofobie te stop.”

Ons goue seun Chad le Clos is ook deel van dié beweging. Die Olimpiese held het Dinsdag sy foto gedeel.

Foto: Twitter @chadleclos

Foto: Twitter @chadleclos

Emo Adams en sy swanger vrou, Michelle Gildenhuys, het weer op hul beurt ’n kers vir slagoffers van xenofobie aangesteek.

FOTO: Twitter @emoadams

FOTO: Twitter @emoadams

Nog ’n vermaaklikheidster wat betrokke geraak het, is Karlien van Jaarsveld. Die “My hartjie”-sangeres het ’n Bybelvers aangehaal wat mense aanmoedig om vreemdelinge in jou land lief te hê.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Twitter  @KarlienVanJ

FOTO: Twitter @KarlienVanJ

Lees ook