FOTO: Instagram  emo_adams

FOTO: Instagram emo_adams

Het jy gehoor?

FOTO’S: Plaaslike bekendes se nuwe gesinsfoto’s

Heelwat plaaslike bekendes spog met nuwe toevoegings tot hul gesinne en so ook voller gesinsfoto’s. Kyk net na dié spesiale oomblikke wat hulle op sosiale media gedeel het.

Die drie Protea-boepies is nou gesonde baba’s.

“So geseënd om die twee wonderlike mense my familie te noem,” het Danielle de Villiers oor dié manne in haar lewe geskryf. Hul eersteling is na sy pa, AB, vernoem.

JP en Sue Duminy se Isabella Hannah Duminy word omvou deur haar ouers se liefde.

  Made with love   A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Klein Arias Flynn Morkel is Morné Morkel en die Australiese blogger Roz Kelly se trots.

Die glanspaar Emo Adams en Michelle Gildenhuys se Kader Zayn Adams is vandag 3 maande oud en raak ouliker by die dag. 

Die sangeres Elizma Theron het dié foto van haar man, en dogter, Eli-zé, gedeel. Sy verwag hulle tweede baba.

FOTO: Facebook   @Elizma Theron

FOTO: Facebook
@Elizma Theron

Sanger Bobby van Jaarsveld se seuns, Sion en Leben, lyk nes hul pa. Sy vrou, Annatjie, verwag ’n dogtertjie.


Lees ook