FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: Prins Harry by kindersentrum in Lesotho

Prins Harry is wéér in Suider Afrika vir ’n amptelike toer. Hy is vandag in Lesotho vir die opening van die Mamohato-kindersentrum en sal in die proses twee belangrike vroue in sy lewe vereer, berig Sky News

Volgens Mirror het die 31-jarige prins twee vertrekke van dié sentrum na sy ma en voormalige kinderoppasser genoem. Die verwelkomings-area is na wyle Olga Powell genoem – sy het vir 15 jaar na William en Harry gekyk. Die eetsaal is na sy ma, prinses Diana, genoem.

Mamohato vorm deel van Sentebale, ’n liefdadigheidsprojek wat Harry saam met prins Seeiso van Lesotho begin het. Hulle poog om arm kinders by wie MIV/vigs gediagnoseer is, te ondersteun.

Mutsu Potsane is een van die kinders met wie Harry reeds ’n lang pad stap. Hulle het in 2004 ontmoet toe die jong seun 4 jaar oud was. Hulle is albei vandag by die opening van die nuwe sentrum.

Ná sy besoek aan Lesotho sal die rooikopprins ook na Kaapstad, Durban, die Krugerwildtuin en Johannesburg reis.

Saterdag, 28 November, speel Harry in ’n polowedstryd by Val de Vie in die Paarl ten bate van Sentebale.

Dit is Harry se vierde amptelike besoek aan Suid-Afrika.

Bronne: Mirror en sky NEWS

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!