FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: Prins Harry se besige dag in die Kaap

Prins Harry se amptelike besoek aan Suid-Afrika het gister in Kaapstad begin, berig Hello!

Die 31-jarige rooikopprins het eers ’n medalje aan die anti-apartheidsvegter emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu oorhandig vir sy uitsonderlike prestasies op die gebied van godsdiens.

Harry was daarna by die Ottery-jeugsentrum, ’n korrektiewe fasiliteit vir tienerseuns wat met bendes deurmekaar geraak het. Hy het na die kinders se stories geluister.

 

Volgende op Harry se agenda was die Football for Hope-sentrum in Khayelitsha, waar daar gesing, gedans en sokker gespeel is.

Net voor die prins moes waai, het die 4-jarige Sinentlantla Jacobs hom aan die hand gegryp. Sy het omtrent gehuil toe hy uiteindelik groet.

Harry is vandag in Durban. Hy het vanoggend kinders ontmoet wat by plaaslike rugby-ontwikkelingprogramme betrokke is.

Dit is Harry se vierde amptelike besoek aan Suid-Afrika. Die Krugerwildtuin en Johannesburg is volgende op sy besige agenda.

Bronne: Hello! en Entertainment Tonight

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!