Charlene en haar broer, Gareth Wittstock
FOTO: Facebook  Prince's Palace of Monaco

Charlene en haar broer, Gareth Wittstock FOTO: Facebook Prince's Palace of Monaco

Het jy gehoor?

FOTO’S: Prinses Charlene raak net mooier + wenke vir kort hare

Die prinses van Monaco en ma van die tweeling, Jacques and Gabriella, raak vir ons mooier by die dag.

Charlene se liefdadigheid, die Prinses Charlene van Monaco-stigting, het gisteraand ’n geleentheid by die ikoniese Monte Carlo Casino gereël om die geboorte van kroonprins Jacques en prinses Gabriella te vier.

Geld wat by dié geleentheid ingesamel is, word aangewend vir programme wat dié voormalige Olimpiese swemmer ondersteun. Charlene fokus veral op sport en opvoeding. Dié programme leer kinders onder meer swem en oor waterveiligheid.

Een van haar groot projekte vanjaar is ’n rugby-uitruilprogram tussen Suid-Afrika en Monaco. Minder bevoorregte Suid-Afrikaanse kinders, wat gekies word volgens hul atletiese prestasie, word genooi om deel te neem aan ’n toernooi in Monaco. Dié toernooi vind op 11 April plaas.

Later vanjaar gaan ’n Monegaskiese span in SA kom speel. Die kinders se rugbytalent word nie net ontgin nie, maar hulle moet ook deelneem aan akademiese en sosiale aktiwiteite.

Kyk net hoe mooi het Charlene by dié geleentheid gelyk. Haar broer Gareth het dit ook bygewoon.

Charlene en die Suid-Afrikaner Gavin Varejes wat betrokke is met die uitruilprogram FOTO: Facebook  Prince's Palace of Monaco

Charlene en die Suid-Afrikaner Gavin Varejes wat betrokke is by die uitruilprogram
FOTO: Facebook Prince’s Palace of Monaco

Gareth, Charlene, prins Albert II, en Agnès Falco, die sekretaris-generaal van Charlene se stigting FOTO: Facebook  Prince's Palace of Monaco

Gareth, Charlene, prins Albert II, en Agnès Falco, die sekretaris-generaal van Charlene se stigting
FOTO: Facebook Prince’s Palace of Monaco

Kyk HIER hoe om jou kort hare mooi te stileer

Bron: Prince’s Palace of Monaco

Lees nou