Het jy gehoor?

FOTO’S: Prinses Charlene se roerende toespraak te ere van prins Albert

Prinses Charlene het Saterdag haar man, prins Albert van Monaco, in trane gehad toe sy hom in Frans “die prins van my hart” genoem het tydens ’n toespraak ter viering van sy dekade op die troon. 

Die stylvolle prinses het die gehoor, en haar man, verras toe sy vir die eerste keer in die openbaar Frans gepraat het.

Volgens Monaco se koninklike facebook-blad het prinses Charlene ook na die prins se oupa en pa verwys: “Albert I was die ontdekkingsreisiger, prins Rainier III die bouer en jy, Albert II, jy is die prins van harte – van my hart.”

Volgens People.com het prins Albert aangedaan geraak en trane uit sy oë gevryf en haar gesoen.

Toe hy voor die mikrofoon gaan staan, het hy gesoek na woorde en gesê: “Hulle het gesê jy (Charlene) het vir my ’n verrassing, maar dié …”

Prinses Charlene se broer, Gareth Wittstock, was ook by die geleentheid en het gesê sy het haar baie goed van haar taak gekwyt: “Frans is ’n moeilike taal en sy het dit goed reggekry. Ek dink Monaco is baie trots op haar.”

Lees ook 

FOTO’S: Prinses Charlene se tweeling word gedoop

Prinses Charlene se spesiale swemles