FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO’S: Prinses Charlene se swangerskap-uitrustings

Prinses Charlene het sedert die bekendmaking van haar swangerskap  ’n lae profiel gehandhaaf. Sy en prins Albert II het ook nog nie bevestig of ontken dat sy ’n tweeling verwag nie.

Maar sy het onlangs by verskillende geleenthede verskyn – ook in Amerika, waar sy skouers geskuur het met bekendes soos Leonardo DiCaprio en Uma Thurman, en die Amerikaanse president Barack Obama en sy vrou, Michelle.

Charlene kies haar uitrustings slim om nie haar groeiende baba-maag te beklemtoon nie.

Die paartjie het in Mei aangekondig dat Charlene swanger is en die koninklike baba (of babas, as dit wel ’n tweeling is) word na verwagting in Desember gebore.

Lees ook