FOTO:  Facebook/Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco/

FOTO: Facebook/Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco/

Het jy gehoor?

FOTO’S: Prinses Charlene se tweeling word gedoop

Sondag 10 Mei 2015 is Jacques en Gabriella, die nuwe prins en prinses van Monaco, gedoop. Dit was ’n pragtige geleentheid en Charlene het gestraal van geluk. Sy én die babas het Dior gedra, berig Hello!

Hul lang vloeiende dooprokke was van katoen en is deur Dior Baby ontwerp. Hul voorletters wat op die rokke geborduur sodat mense hulle kon uitken. Elkeen het ook ’n spesiale fopspeen vir die geleentheid gehad, Gabriella s’n pienk en Jacques het ’n blou een gehad.

People.com berig dat Charlene elke detail fyn beplan het, van die blomme, die dooprokke en selfs die Bybeltekste wat gelees is tydens die diens.

Sy het ’n pragtige Dior Haute Couture rok met bypassende baadjie gedra.

Aangangers van die monargie van Monaco het buite die katedraal saamgedrom met pienk en blou ballone. Prins Albert en Charlene het na afloop van die kerkdiens met hulle gesels en selfs foto’s saam met die publiek geneem.

Charlene se familie van Suid-Afrika het ook dié geleentheid bygewoon. Haar broer, Gareth Wittstock, en Nerine Pienaar (oud-Springbokkaptein Francois Pienaar se vrou) is Gabriella se peetouers, en het langs die koninklike paartjie gestaan tydens die doopseremonie. Jacques se peetouers is Christopher le Vine en Diane de Polignac Nigra.

Lees ook: