FOTO Twitter @goberholzer

FOTO Twitter @goberholzer

Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: Riaan Manser en Vasti

Riaan Manser en Vasti Geldenhuys kén mekaar. Want nie net is die paartjie al jare saam nie, hulle het ook vir 6 maande alleen oor die Atlantiese Oseaan geroei, van Marokko na New York.

En nou het die avonturiers nog ’n uitdaging aangepak – dié keer die huwelik. Hulle is gister by die NG Kerk in Drieankerbaai getroud en hul onthaal was by The Table Bay Hotel in die Waterfront – met Tafelberg as agtergrond vir hul spesiale dag.

Hier is ’n paar foto’s wat van die gaste op sosiale media gedeel het:


Hulle het hul liefdesverhaal op hul trou-webblad op TheKnot.com geskryf:

It was in a pub called Green Man in 1999

Thereafter a lot of wine and dine

Now, almost 17 years later

The Table Bay is ready to cater.

 

Circumnavigating Africa on a bicycle

Riaan set off to do something historical

Vasti was finishing her studies to be an attorney

She was busy with her own journey

 

2 years, 2 months went by

Vasti was waiting for him, she didn’t lie.

 

His adventuring was not over

He wanted to kayak around Madagascar, was he sober?

She didn’t stop him and said he must go

“But please, please, don’t be too slow”

 

1 year went by

Vasti was waiting for him, she didn’t lie.

They built a life together,

Settling in Bettys Bay, with beach weather

Again Riaan wanted to something strange

They had a lot to arrange

 

Iceland was the next destination

Riaan took a partner, it was definitely not a vacation

It was tough but they made it

They made history, it took a lot of gritt

 

6 months went by

Vasti was waiting for him she didn’t lie.

 

Sitting on the couch watching tv,

Vasti told Riaan she wanted to do something incredible with her life,

that was the key.

Riaan planned a trip across the Atlantic

According to him he promised it would be very romantic.

 

On a rowboat they crossed the water

Past the Statue of Liberty, that’s where Riaan brought her

The first to row from Africa to USA

Only through the grace of God, there was no may day.

 

133 days went by

It was very romantic, Riaan didn’t lie

On 25 August 2015 Riaan went down on one knee

It was in Madagascar, right next to the sea.

It would be great if you could join us at our wedding

With Table Mountain as the background for this setting.

 

Riaan en Vasti het op 12 Mei aangekondig dat hulle op Hawaii gaan wittebrood hou. Maar waar die meeste van ons die vliegtuig sal gebruik om dié eiland-bestemming te bereik, het Riaan en Vasti besluit om eerder vir 4 000 km vanaf San Francisco na Hawaii te roei.

Riaan het ’n paar jaar gelede aan SARIE vertel:

Mense sien my altyd as die een met deursettingsvermoë en guts, maar Vasti is eintlik die een met hierdie eienskappe. Sy offer ’n standvastige lewe op deur my gevaarlike reise te ondersteun. Ek sou dit nie kon doen as sy nie vir my by die huis gewag het nie. Sy het my onvoorwaardelik lief en is bereid om my hardkoppigheid te hanteer. Agter elke suksesvolle man is daar ’n vrou wat sterker is.