FOTO Instagram / @discostew94

FOTO Instagram / @discostew94

Het jy gehoor?

Rod Stewart en Rachel Hunter se sexy seun

Met ’n supermodel vir ’n ma en ’n rockster vir ’n pa, is dit geen verrassing dat Liam Stewart (21) aantreklik is nie. En boonop is hy nog talentvol ook!

Liam is die seun van Rod Stewart en Rachel Hunter. Hy het tot onlangs toe nog in Los Angeles by sy ma gebly, maar deesdae woon hy in Engeland waar hy vir die yshokkie-span Coventry Blaze speel. 

Rod en Rachel se paaie het in 2006 ná ’n verhouding van 16 jaar geskei. Uit die verhouding is Liam en ’n dogter, Renee (24) gebore. Renee volg in haar ma se model-voetspore.

Renee het reeds naam vir haarself in die modelwêreld gemaak, maar nou het Liam ook in die kollig ingestap.

Hoewel hy die yshokkiester is, weet sy rockster-pa glo min oor die sport – hy is eerder ’n sokkerondersteuner. Volgens NHL het Liam gesê solank sy pa net vir sy span skree, is hy gelukkig.

Maar ons kan sien wat die wêreld se fassinasie met dié mooi jong man is – of jy nou die reëls van yshokkie ken, of nie!

good weekend

A photo posted by LiAM STEWART (@discostew94) on

Mums Day A photo posted by LiAM STEWART (@discostew94) on

First pro goal felt good#Aces

A photo posted by LiAM STEWART (@discostew94) on

Lees nou

Die beste haar-transformasies van 2016

Jak de Priester se grondboontjiebotter-broodjie vir ekstra krag