FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO’S: Rolanda Marais kleur haar hare weer bruin – en SARIE kuier saam by die salon

Aktrise Rolanda Marais was sowat ’n maand lank ’n blondine vir ’n filmrol, maar sy moes weer ‘n brunet word vir haar televisierol in die SABC3-dramareeks High Rollers. SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, was saam by die salon.

“Dit is makliker om blondgekleurde hare bruin te kleur as om van ʼn brunet ʼn blondine te maak,” sê David Gillson van Carlton Hair International. David, wat gereken word as een van SA se beste haarstiliste en voorste kenner van hare en haartendense, het Rolanda se hare onder hande geneem. 

“Die proses is nie besonders gekompliseerd nie. Al probleem is dat haar blond-gekleurde hare kan groen word. Om dít te voorkom moet ons eers rooi insit. Rooi en groen is reg teenoor mekaar op die kleurkaart en rooi neutraliseer groen,” verduidelik David terwyl hy Rolanda se hare ondersoek.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

David gebruik die professionele salonproduk Davines. Die kleursel is ammoniakvry en het nie geurmiddels nie. Ná die haarkleurmiddel uit Rolanda se hare gewas is, het David die proses verder gevat en die haarbehandling Olaplex gebruik om die hare te voed.

Die hele proses het nie langer as ’n uur en ’n half geduur nie omdat Rolanda se hare op die oomblik so kort is. 

Die proses is natuurlik nie afgehandel sonder ʼn haarsny nie. David het Rolanda se hare in ’n Linda Evangelista-styl geknip.

“My hare is baie mooi en die kleur is wonderlik. Ek is mal hieroor!” sê Rolanda terwyl sy na die eindproduk in die spieël kyk. “Ek wil dit eintlik nóg korter gesny hê.”

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Lees nou