FullSizeRender[2]
Het jy gehoor?

FOTO’S: Rolanda Marais is nou blond

Die aktrise Rolanda Marais het haar donkerbruin hare blond gekleur vir ’n rol in die opkomende fliek Johnny is nie dood nie.

FullSizeRender

Dit was glad nie vir haar moeilik om haar bruin krulle vaarwel te roep nie. “Ek is mal daaroor om te verander vir ’n nuwe karakter. Hoe meer drasties, hoe beter. Dit help my met karakterisering en dis tog so vervelig om in elke reeks en fliek dieselfde te lyk. As akteur moet jy bereid wees om ’n karakter geheel en al te verpersoonlik.”

FullSizeRender[1]

Dit het ’n volle 6 uur geneem om haar hare van donkerbruin tot blond te kleur. “Ek het meer as tien jaar gelede ook my hare blond gekleur vir Shakespeare se Two Gentlemen of Verona by die Maynardville Opelugteater net buite Kaapstad.”

Maar Rolanda glo glad nie dat blondines meer pret het nie. “Dis absoluut onsin. Ek het net soveel pret met my donkerkop!” Daarom is dit geen verrassing dat sy ná die fliek weer haar hare gaan terugkleur nie.

Lees ook