FOTO: Twitter @‏@RozMcK

FOTO: Twitter @‏@RozMcK

Het jy gehoor?

FOTO’S: Rozanne McKenzie se James is 1!

Die TV en radio-persoonlikheid Rozanne McKenzie en haar man, Chris Bishop, se babaseun, James Robert McKenzie Bishop, het Saterdag (18 April) sy eerste verjaardag gevier.

Die duidelik trotse ouers het albei foto’s van hul eersteling via sosiale media gedeel.

“Ons lewens het ’n jaar terug vir altyd verander. Elke dag het ons hierdie mannetjie meer en meer lief. Geluk met jou eerste verjaardag, James!” het Rozanne op haar Facebook-blad geskryf.

FOTO: Facebook  Rozanne McKenzie

FOTO: Facebook Rozanne McKenzie

Chris het op sy beurt gesê: “Een jaar oud vandag. Niks kom by die vreugde om dié woelwater se Pappa te wees nie.”

FOTO: Facebook  Rozanne McKenzie

FOTO: Facebook Rozanne McKenzie

Die paartjie het in Januarie 2013 in Engeland getrou.

Lees ook