FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

FOTO’S: RSG se Martelize Brink ry perd

Die geliefde RSG-omroeper Martelize Brink het talle van haar aanhangers geïnspireer deur perd te ry. Martelize, wat verlam is en in ’n rolstoel is, het op Instagram geskryf sy het met perde grootgeword en byna elke dag as kind perd gery.

Dit was die eerste keer in 20 jaar dat sy weer op ’n perd was, en sy het gesê dit was “die beste dag”.

“Dis ’n ongelooflike gevoel. Sodra jy onthou om asem te haal en die ritme van die perd met jou liggaam te voel is dit soos fietsry, jy vergeet dit nooit.”

Welgedaan, Martelize! Jy inspireer ons almal!

Lees ook