Het jy gehoor?

FOTO’S: Ryk Neethling en sy meisie hou vakansie in Hawaii

Die voormalige Olimpiese swemmer en sakeman Ryk Neethling het in Februarie vanjaar aan SARIE.com vertel dat hy smoorverlief is op die skoonheid Sahar Biniaz.

Die paartjie hou tans vakansie in Hawaii en hy het dié idilliese foto’s op Twitter geplaas.

Hul verhouding het begin tydens ’n vakansie in Spanje en alhoewel Ryk baie privaat is en nie wil uitwei oor hul verhouding nie, het hy gesê hulle is ernstig.

Sahar is ’n aktrise en het al ’n hoofrol in onder meer die Irannese rolprent Ambrosia vertolk. Sy was ook te sien in verskeie televisieprogramme, onder meer in reekse soos Blue Mountain State en Smallville.

Ryk en Sahar FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Ryk in die helderblou see in Hawaii FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Sahar geniet die kalm branders FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Wonderskone Hawaii FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Ryk sê al is dit ver, sal niks hom lank weghou van Hawaii af nie. FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Pragtige sonsondergang in Hawaii FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Kyk hoe blou is daardie water! FOTO: Twitter/ @RykNeethling

Lees ook