Zanne Stapelberg

Het jy gehoor?

VIDEO: Sangeres Zanne Stapelberg se kleinding is hier!

Zanne Stapelberg en haar man, Jomar de Lange, het gister hul klein Katinka verwelkom.

Zanne en Jomar is weer ouers – dié keer van ’n dogtertjie Katinka Louise de Lange. Hulle is reeds die trotse ouers van Alexander (5) en Maja (2).

Lees Zanne se onderhoud met SARIE oor haar miskrame HIER.

Sy vertel aan SARIE.com dat Katinka om 00:01 op 5 Maart gebore is. Sy was vir meer as 27 uur in kraam, maar toe “ná twee drukke, is sy uit.” Dié pienkvoet weeg 3.56 kg en het donker hare en pappa se mond en ken. “Sy is ’n stil, rustige liefie,” vertel ’n baie opgewonde Zanne.

Katinka Louise de Lange FOTO: Facebook

Katinka Louise de Lange
FOTO: Facebook

Maar dit was groot opwinding toe Alexander en Maja hul kleinsus ontmoet het. Zanne vertel:

Alexander vra heeltyd vir my of my maag al plat is! Dan wys ek hom, hy kyk na sy nuwe sussie en sê: “Nou is hierdie Katinka dieselfde Katinka wat in jou maag was?” Hy is heeltemal versot op haar. Hy lê gister langs haar op die bed en vryf haar koppie en sê: “Sy is sooo cute, hierdie is die beste dag ooit!”

Ek dink dit was een van die mooiste oomblikke in my hele lewe!!!

Kyk na die kostelike video waarin Alexander en Maja vir Katinka ontmoet, hieronder: