@micheleburger1

@micheleburger1

Het jy gehoor?

FOTO’S: Schalk en Michele Burger se lewe in Japan

Die Burger-gesin is nou al lekker inge-Burger in Japan! Schalk het vroeër vanjaar ’n kontrak geteken om vir 2 jaar vir die Japanse klub Suntory Sungoliath rugby te speel.

Schalk het aan die tydskrif SA Rugby gesê hy is opgewonde daaroor om Japan toe te trek, veral omdat dié land in 2019 die Wêreldbekertoernooi aanbied. “Ek sien uit na die verandering en ek sien ook uit om nuwe dinge te leer. Die aanpassing gaan makliker wees omdat my gesin saamgaan.”

Praat van ’n avontuur! Dit lyk vir ons asof Schalk en sy gesin goed aanpas in hul nuwe tuiste.

Die Burger-gesin in Japan

Dit is glad nie moeilik om Schalk tussen sy nuwe spanmaats uit te ken nie

 

Schalk jnr. by sy nuwe Japanse kleuterskool

Michele en haar kroos verken die land

Sorgelose kinderdae

Dalk ’n klein rugbyspeler in wording?

Die Burger-gesin

Lees nóg oor Schalk en Michele se tydjie oorsee