FOTO: Phillip Rabie

FOTO: Phillip Rabie

Het jy gehoor?

FOTO’S: Só bly plaaslike bekendes dié winter fiks

Hulle sê mos dat somerlyfies in die winter gevorm word, dus trotseer dié plaaslike bekendes die koue om fiks te bly. 

Die aktrise Zetske van Pletzen (hooffoto) is ook ’n handelsmerk-ambassadeur vir Adventure Boot Camp. Sy het baie te sê oor die voordele van oefening: “Oefening hou jou nie net fiks nie, maar dit is ook goed vir jou geestelike welstand.”

Hier is drie van haar top-fiksheidwenke: 

  1. Maak tyd om aan die einde of begin van die dag te oefen.
  2. Koop nuwe oefenklere, maar moenie jou hele salaris blaas nie! Wanneer jy goed lyk, voel jy dikwels beter.
  3. Stel ’n groot, spesifieke doelwit. Beloon jouself vir jou vordering.

Die aanlyn nuusleser Elma Smit draf om seker te maak dat sy aan die beweeg bly.

“Ek is in die vierde week van my drafprogram. Ek hardloop 4 km en ek is trots! … Ek was op skool laas fiks, so dit is ’n groot prestasie vir my,” het sy met haar Instagram-volgelinge gedeel.

FOTO: Instagram  elmakapelma

FOTO: Instagram elmakapelma

Die aktrise Jana Fisher sê dat sy ’n jaar laas geoefen het (sy pas darem nog in haar ou klere). Sy hou van fiets ry en wil graag aan haar beenspiere werk.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Fiksheid is nie ’n eindbestemming nie, maar eerder ’n eindelose reis. Oefening is duidelik deel van die sakevrou en voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss se leefstyl. Sy het voor, tydens en ná haar swangerskap pilates gedoen.

Lees nou