FOTO: Facebook  Salomé Coetzee Photography - Somerset West, Cape Town

FOTO: Facebook Salomé Coetzee Photography - Somerset West, Cape Town

Het jy gehoor?

FOTO’S: Só hou Heinz Winckler en sy familie kinderpartytjie

Die Winckler-glanspaar is die trotse ouers van drie pragtige seuns: Lian Theo, Simeon Carl en Reuben Jacques. Omdat die laaste twee so op mekaar verjaar, het Heinz en Aletté sommer een kleurvolle kinderpartytjie vir dié twee bulletjies gehou.

Simeon Carl is gister (20 April) drie jaar oud, en Reuben Jacques het Woensdag 15 Maart sy eerste verjaarsdag gevier.

FOTO: Twitter  @heinzwinckler

FOTO: Twitter @heinzwinckler

Ma en Pa praat gereeld via sosiale media oor hul kinders.

“Het vandag ’n wonderlike Lollos-partytjie vir dié twee geskiedenismakers by die Helderberg natuurreservaat gehou,” het Heinz bietjie meer as ’n week gelede getwiet.

Sy vrou het weer op haar beurt via haar Facebook-blad gedeel: “My SimiSon is vandag 3! Hy is verskriklik oulik, mooi en bring soveel vreugde! Ek is so opgewonde om te sien wat die Here in sy lewe gaan doen! Hy is so talentvol en musikaal! Baie lief vir jou my Simi!”

Heinz kon amper nie glo dat Reuben so gou groot raak nie: “Ons jongste is 1! Moeilik om te glo! So trots en dankbaar!”

FOTO: Twitter  @heinzwinckler

FOTO: Twitter @heinzwinckler

As jy na dié foto’s kyk is dit duidelik dat dit ’n partytjie is om te onthou. Veels geluk Reuben en Simeon!

Lees ook