Het jy gehoor?

FOTO’S: Só lyk Bobby van Jaarsveld se kinders

Wanneer die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld foto’s van sy kinders op sosiale media laai, is hulle gewoonlik van agter afgeneem. Nou het die 28-jarige pa van twee (een van die dae drie) oor die naweek dié skattige foto van Sion en Leben se gesiggies gedeel. En die appel val nie ver van die boom nie!

“Só koud vandag, maar dié twee manne wil buite speel,” het die foto se onderskrif gelees.

FOTO: Instagram bobbyvanjaarsveld

FOTO: Instagram bobbyvanjaarsveld

Bobby het ook dié foto met sy meer as 36 000 Instagram-volgelinge gedeel: “Hierdie twee Van Jaarsveld-manne maak ons lewe en bed vol. Ons het ’n groter bed nodig,” het hy onderaan geskryf.

FOTO: Instagram  bobbyvanjaarsveld

FOTO: Instagram bobbyvanjaarsveld

Kyk hier na nog foto’s van Bobby en Annatjie se kroos

Die paartjie het verlede maand aangekondig dat hulle baba nommer 3 verwag.

Lees ook