FOTO: 
joemanganiello

FOTO: joemanganiello

Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: Sofia Vergara en Joe Manganiello

Die Modern Family-aktrise Sofia Vergara en die akteur Joe Manganiello is die naweek tydens ’n deftige geleentheid in Palm Beach, Kalifornië, getroud, berig People.

Die paartjie het al Donderdag saam met hul gaste begin feesvier, en ander verrigtinge oor die naweek het ’n swembad-partytjie, ’n repetisie vir die troue en ’n groot feesmaal Vrydagaand ingesluit.

Volgens Hello! het Joe Saterdagaand vir Sofia voor al hul gaste Guns N’ Roses se treffer “Sweet Child O’Mine” gesing.

Sofia se medesterre van Modern Family was teenwoordig en ander bekende gaste was onder andere Reese Witherspoon en Channing Tatum.

Haar wit moulose trourok met ’n interessante romp en lang sleep is deur Zuhair Murad Couture ontwerp.

Die kerk was vol wit blomme wat van die dak gehang het. Die orgideë, rose en krismisrose het ’n sprokiesagtige gevoel aan die geleentheid gegee.

Sofia het dié foto’s op haar Instagram-blad gedeel.

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

Hou jy van Sofia se trourok?

  • Ja
  • Nee

Lees ook