FOTO Wil Punt van Peartree

FOTO Wil Punt van Peartree

Het jy gehoor?

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

Gister is die Springbok Pieter-Steph du Toit aangewys as Suid-Afrika se Speler van die jaar. En vir Pieter-Steph was die hoogtepunte van sy rugbyseisoen om beseringvry te wees – lees meer op Netwerk24.

Pieter-Steph is vanjaar een van die blinkste Springbok-sterre. En die troufoto’s van hom en sy Willemien verskyn in SARIE Bruid, nóú te koop!

Hier’s hulle feëverhaal:

Hy was in graad 7 en sy was in graad 8 in die Hoërskool Swartland op Malmesbury toe hulle die eerste keer van mekaar bewus geword het. Destyds was hulle net goeie vriende, tot hulle mekaar in 2012 weer raakgeloop het. Hy het in Durban rugby gespeel en sy was student op Stellenbosch, en die afstand het maar gelol.

Maar hulle was vir mekaar bedoel en in Desember 2014 het hy haar op sy knieë op Hermanus se strand gevra om met hom te trou. Die seremonie is in Desember 2015 gehou op Riebeek-Kasteel, naby sy pa se wynplaas, Kloovenburg, en die onthaal was in ’n venue vol glaspanele op ’n heuwel buite Wellington. Saam met hul 200 gaste het hulle tot lank ná middernag partytjie gehou.

Pieter-Steph is in 2013 gekies as Springbok-slot en hy speel deesdae vir die Stormers. Hy en Willemien, ’n fisioterapeut, woon in Welgemoed in Bellville, naby Kaapstad.

Willemien noem Pieter-Steph per ongeluk “my bruid” terwyl sy haar huweliksbelofte a ê en die hele kerk skater van die lag. FOTO Wil Punt van Peartree

Willemien noem Pieter-Steph per ongeluk “my bruid” terwyl sy haar huweliksbelofte a ê en die hele kerk skater van die lag.
FOTO Wil Punt van Peartree

By die troukar, ’n 1958-Benz, wat goed ingepas het by die kleurskema van wit, groen en ’n tikkie pienk.  FOTO Wil Punt van PearTree

By die troukar, ’n 1958-Benz, wat goed ingepas het by die kleurskema van wit, groen en ’n tikkie pienk.
FOTO Wil Punt van PearTree

Die opskop in die trou-venue met sy glaspanele. Pieter-Steph draai vir Willemien dat haar romp soos ’n wasige wolk om haar uitklok. FOTO Wil Punt van Peartree

Die opskop in die trou-venue met sy glaspanele. Pieter-Steph draai vir Willemien dat haar romp soos ’n wasige wolk om haar uitklok.
FOTO Wil Punt van Peartree

   Die gaste het wit ballonne in die lug losgelaat toe die bruidspaar uit die kerk kom. Pieter- Steph se trouring is gemaak van die hout van ’n olyfboom op sy pa se plaas. FOTO Wil Punt van Peartree

Die gaste het wit ballonne in die lug losgelaat toe die bruidspaar uit die kerk kom. Pieter- Steph se trouring is gemaak van die hout van ’n olyfboom op sy pa se plaas.
FOTO Wil Punt van Peartree

Pieter-Steph by ’n paar rugbyvriende, van links, Jan en Lani Serfontein, Siya en Rachel Kolisi en Pat en Kate Lambie. Voor maak Cobus Reinach grappies. FOTO Wil Punt van Peartree

Pieter-Steph by ’n paar rugbyvriende, van links, Jan en Lani Serfontein, Siya en Rachel Kolisi en Pat en Kate Lambie. Voor maak Cobus Reinach grappies.
FOTO Wil Punt van Peartree

Verskaffers

Venue: Bakenhof-landgoed, Wellington – www.bakenhofweddings.co.za
Spyseniering Rix Catering – Retha Rix, 084 828 9216 – rrix@ezinet.co.za

Blomme en dekor: Floral Affairs – Jolize van der Merwe, 082 807 3334; info@ orala airs.co.za

Fotograaf: Wil Punt van Peartree, 083 295 3053 – www.peartree.co.za; info@peartree.co.za

Videograaf: 25 Weddings – Jacques Greyling, 079 538 5727 – info@25weddings.co.za Troubeplanner: kraak – Hannes Maritz en Lorraine Bester – www.kraak.co.za; Hannes@kraak.co.za

Drukwerk: By Invitation Only – Tereza de Sa, 072 312 2207 – www.by-invitation-only.co.za; terezadesa@iafrica.com

Hare & grimering: Marli Basson, 079 515 1304 – www.marlibasson.co.za; marlin@marlibasson.co.za

Platejoggie: Cape DJ’s – Jacques le Roux, 082 452 4028 – www.capedjs.co.za; capedjs@telkomsa.net

Vooraf-musiek: TWEE – Herman Kleinhans en Maria Rademan, 071 445 5339 – tweemusiek@gmail.com

Troukar: Brahm Jonker, 082 077 5940 – brahmj@icloud.com

Nagereg: Wicked Waffle – Gino Adriaensen, 081 674 0182 – www.wickedwa e.co.za; info@wickedwaffle.co.za

Logo