Het jy gehoor?

FOTO’S: Die wenners van kykNET se Fiëstas

Wessel Pretorius is definitief ‘n man om dop te hou. Hy was die groot wenner by die kykNET Fiëstas. Hy het agt benoemings – die meeste nog by dié toekennings – gekry en uiteindelik in vier kategorieë met die louere weggestap: Beste Akteur, Beste Prestasie in ‘n Solo-vertoning, Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering en Beste Opkomende Kunstenaar vir die produksie Ont.

Wessel Pretorius

Nóg ‘n groot wenner was Oskar en die pienk tannie, wat met drie Fiëstas bekroon is: Sandra Prinsloo (links) is as Beste Aktrise aangewys, Lara Bye (regs) as Beste Regisseur en Beste Aanbieding.

Sandra Prinsloo en Lara Bye

Die kykNET Fiëstas-gehoor was bederf met optredes uit die boonste rakke deur Laurika Rauch, Elvis Blue, Emo Adams en die opkomende sopraanster, Friedel Mitas, sowel as die Mzansi-jeugkoor, die Tshwane Dance Company en ‘n 12-stuk-orkes.

Die Fiëstas het drie veterane – Athol Fugard (Teater), May Abrahamse (Musiek) en PG du Plessis (Woordkuns) – vereer vir hul lewenslange bydrae tot die bevordering van Afrikaanse teater en -kunste.

Die lewenslange bydrae-wenners saam met Karen Meiring

Athol Fugard, May Abrahamse, Karen Meiring en PG du Plessis

Die kykNET Fiëstas het ook aan die publiek die geleentheid gegee om vir hulle gunstelinge te stem en, ná ‘n vurige SMS-stemproses, is André van der Merwe  as Gunsteling Fiesta Aanbieder aangewys terwyl die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) aangewys is as Gunsteling Fees.

André van der Merwe

“Ons glo dat die kykNET Fiëstas ‘n toekenningsinstelling geword het en ook, ewe belangrik, ‘n uiters noodsaaklike platform ter viering van die beste prestasies in die Afrikaanse teater en kunste,” sê Karen Meiring, hoof van kykNET. “Ons is weereens verheug oor die geleentheid en wens graag al die waardige wenners en benoemdes geluk.”

Ander wenners sluit in Stian Bam, wat Dawid Greeff in 7de Laan gespeel het (links) vir Beste Byspeler en Karli Heine (regs) vir Beste Byspeelster

Stiaan BamKarli Heine

Dié spoggerige toekenningsgeleentheid word op Donderdag 4 April om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai, maar hier is die lys van wenners as jy nie so lank kan wag nie:

[box:full:red:both]

Die lys van kykNET Fiëstas wenners is:

 1.    Beste Akteur
Wessel Pretorius – Ont

2.    Beste Aktrise
Sandra Prinsloo – Oskar en die pienk tannie
 

3.     Beste Byspeler         
Stian Bam – Bos / Babbel / Vrou vantevore
 

4.    Beste Byspeelster   
Karli Heine – Op dees Aarde
 

5.    Beste Regisseur      
Lara Bye – Oskar en die pienk tannie

6.    Beste Teaterontwerp          
Marthinus Basson – Op dees Aarde

7.    Beste Prestasie in ‘n Musiekgedrewe Produksie
Janine Neethling (Musiekregisseur en verwerkings) – Wierook en Mirre

8.    Beste Prestasie in ‘n Solo-vertoning        
Wessel Pretorius – Ont

9.    Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering         
Wessel Pretorius – Ont

10.  Beste Opkomende Kunstenaar      
Wessel Pretorius – Ont

11.  Beste Prestasie in Klassieke Musiek        
Janine Neethling, Bridget Rennie-Salonen, Elizabeth Rennie-Furtner – Trio met ‘n Twist

12Beste Prestasie in Dans- en Fisieke Teater          
Nicola Elliott & Underground Dance Theatre (produksie) – Keepsake Minus 3

13Beste Prestasie in Visuele Kuns    
Katie Barnard du Toit  – Vrees en Verlies

14.  Beste Musiekproduksie      
‘n Plekkie in die son   

15Beste Aanbieding    
Oskar en die pienk tannie     

[/box] 

Alexa Strachan, Sandra Prinsloo en Lara Bye

Die span van Absa KKNK het die toekenning ontvang vir gunsteling-fees

Elvis Blue teen die agtergrond van 'n oudiovisuele meesterstuk van Jacol Bouwer (geklee deur Naked Ape)Soli Philander was die aanbieder (geklee deur Naked Ape)Elma Postma, Annie Malan en vele dames wat mooi uitgevat was vir die geleentheid.Friedel Mitas en die Mzansi Jeugkoor bring hulde aan die sterre wat ons vooruitgegaan het

Friedel Mitas, Elvis Blue, Laurika Rauch en Emo Adams saam met die Mzansi Jeugkoor en Tshwane Dance Company o.l.v. Janine Neethling

Ian von Memerty saam met Amanda Strydom

Lewensbydra: Athol Fugard, May Abrahamse en PG du Plessis saam met Karen MeiringMarlene le Roux en Basil ApolisJaco Bouwer

Die kykNET Fiëstas is geborg deur: PLATINUM – kykNET; GOUD – Clover, Die Dagbreek Trust en Toyota.

kykNETClover borg

Toyota borg