Het jy gehoor?

FOTO’S: Stylvolle susters

Dit was vroeër dié maand (Sondag, 2 Augustus) Internasionale Susterdag. Ter viering van dié dag kyk ons na bekende susters wat mode en styl ’n familie-affêre maak!

Mary-Kate en Ashley Olsen wys hoekom twee beter as een is!

Kate en Pippa Middleton sit nooit ’n modevoet verkeerd nie.

Die modelmooi Mónica en Penélope Cruz ontwerp ook klere.

Paris en Nicky Hilton is die prinsesse van partytjies! Dié twee sosiale vlinders het verlede maand omtrent makietie gehou by Nicky se hennepartytjie in Miami.

Natuurlik maak minstens twee susters van die Kardashian-faam ook dié lys. Kendall en Kylie Jenner is deel van die modehuis Balmain se nuwe, dramatiese veldtog.

Lees ook