Gareth Cliff het in ’n sneeubedekte New York geland. FOTO: Twitter

Gareth Cliff het in ’n sneeubedekte New York geland. FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO’S: Suid-Afrikaners in Amerika

Kurt Darren, Zelda la Grange, Gareth Cliff, Josette Eales en selfs SARIE se joernalis Gloria Cilliers kuier almal in Amerika. Ons deel hulle reisfoto’s met jou.

Kurt toer in Texas

Sanger Kurt Darren en sy vrou Dunay toer deur Amerika terwyl hy daar optree. Vroeër die week was die paartjie in Forth Worth, Texas. Hulle was ook by die South Fork Range, waar die oorspronklike én nuwe TV-reeks Dallas geskiet is.

Kurt by portrette van die Dallas-karakters by die South Fork Range. FOTO: Twitter

Kurt by portrette van die Dallas-karakters by die South Fork Range FOTO: Twitter

Kyk hier na Kurt se musiekvideo vir sy nuwe lied ‘Rebel en rats’

Madiba-konsert lok plaaslike bekendes na New York

Oud-president Nelson Mandela word vanaand in New York vereer met ’n spesiale gedenkkonsert. Mandela se jare-lange persoonlike assistent Zelda la Grange, Gareth Cliff en die Soweto Gospel Choir is almal na dié geleentheid genooi. Gareth, wat vroeër vanjaar met SARIE gesels het oor Madiba, is die seremoniemeester saam met die akteur Morgan Freeman. Die Soweto Gospel Choir tree ook by dié spesiale geleentheid op.

Gareth Cliff in Central Park, New York. FOTO: Twitter

Gareth Cliff in Central Park, New York FOTO: Twitter

SA-aktrise nou in Los Angeles

Die Suid-Afrikaanse aktrise Josette Eales, bekend vir haar rol in die TV-reeks The Wild, is deesdae ’n inwoner van Los Angeles. Sy speel in flieks en woon deesdae Hollywood se groot partytjies en rooitapyt-geleenthede by.

Josette Eales – gesig van internasionale skoonheidsprodukte

Josette voor die filmmakers, Paramount, se ateljees. FOTO: Instagram (@josetteeales)

Josette voor Paramount se ateljees FOTO: Instagram (@josetteeales)

FOTO’S: James en Anel Alexander kuier by Josette in Amerika

SARIE kuier in New York

SARIE se Gloria Cilliers kuier hierdie week in New York vir ’n storie wat eksklusief in SARIE se Mei-uitgawe verskyn. Sy was ook by die New Yorkse Modeweek – lees meer hier.

Die Rockefeller-sentrum in New York. FOTO: Gloria Cilliers

Die Rockefeller-sentrum in New York. FOTO: Gloria Cilliers

Koffie teen die koue

Amerikaners is lief vir hulle koffie. En Suid-Afrikaners sien vinnig waar hulle die lekkerste koffie kan koop …