Het jy gehoor?

FOTO’S: Taylor Swift se sterbelaaide musiekvideo

Van Hollywood se grootste en blinkste sterre sal in Taylor Swift se nuwe Bad Blood-musiekvideo te sien wees, berig HELLO!

Taylor het sowat ’n week gelede haar aanhangers aan Catastrophe (haar alter ego in die video) bekend gestel. Daarna het sy ook die wêreld ingelig dat die bekende sangers Ellie Goulding en Hayley Williams, die supermodelle Gigi Hadid en Karlie Kloss, sowel as aktrises Lena Dunham en Jessica Alba ook ’n verskyning sal maak in dié video.

Die 24-jarige blondine het getwiet: “Al die dames het hul karakters se name en personas self gekies.”

 

Kyk hiér na die voorskou van die video.

Bron: HELLO!

Lees ook