FOTO: Instagram  @willowsmithfan

FOTO: Instagram @willowsmithfan

Het jy gehoor?

Will Smith in die moeilikheid oor 13-jarige se foto PLUS wat is SA se wet hieroor?

Foto’s van die 13-jarige Willow Smith wat saam met haar 20-jarige vriend op ’n bed lê, is onlangs op Instagram gepubliseer en die internet het behoorlik gegons, berig Daily MailLees die volledige berig hier. Mense reken Willow is te jonk om só gesien te word. Maar wat is te jonk in Suid-Afrika?

Die foto’s – twee swart-wit kiekies – van Willow Smith (13), dogter van Will en Jada Pinkett-Smith, en Moises Arias (20), ’n akteur bekend vir sy rol as Rico in Disney se Hanna Montana – wys die twee saam op ’n bed.

Die foto is op ’n Instagram-blad vir Willow Smith se aanhangers gepubliseer nadat Moises dit op sy persoonlike Instagram-blad gedeel het. Hy het die foto’s weer afgehaal, maar die aanhangers het dit toe reeds beetgekry.

Willow lê met haar kop op haar arm en Moises sit kaalbolyf agter haar met sy rug teen die muur.

FOTO: Instagram "http://instagram.com/willowsmithfan" target=”_blank”> @willowsmithfan

FOTO: Instagram @willowsmithfan

Alhoewel die foto’s heeltemal onskuldig lyk, meen die publiek dat dié gedrag te volwasse is vir ’n 13-jarige. Ander kritiek wat die jong sangeres al ontvang het, is dat haar kleredrag en musiekstyl óók te volwasse is vir haar ouderdom.

Die bekende ouerpaar van Willow word glo nou deur Los Angeles se  kinderbeskermingsdiente ondersoek omdat Willow minderjarig is en in ’n bed saam met ’n volwasse man is, berig Radar!.

FOTO: Instagram "http://instagram.com/willowsmithfan" target=”_blank”> @willowsmithfan

FOTO: Instagram @willowsmithfan

Op eie bodem

In Suid-Afrika sou Willow en Moises nie ’n wet oortree het as hulle ’n paartjie was nie. Volgens IOL is daar in Januarie vanjaar in die hooggeregshof in Pretoria beslis dat kinders tussen 12 en 16 jaar nou wettiglik aan konsensuele seksuele aktiwiteite mag deelneem.

Die rede vir dié besluit was dat swanger jong meisies nie na ’n kliniek toe wou gaan vir hulp of ’n aborsie nie, omdat die gevaar bestaan het dat ’n kriminele klag teen so ’n meisie en haar maat gelê kon word.

Die wet wat deur dié nuwe wet vervang is, was absurd, het regter Pierre Rabie gesê. Volgens die vorige wet was dit onwettig om ’n kind onder 16 jaar op die mond te soen – selfs familielede wat kinders soengroet.

Lees die volledige berig op IOL hier.

Stem jy saam met hierdie wet en wat dink jy van Willow en Moises se foto? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!