Zanne Stapelberg met haar jongste, Katinka, net ná haar geboorte
FOTO:  Twitter
@ZanneStapelberg

Zanne Stapelberg met haar jongste, Katinka, net ná haar geboorte FOTO: Twitter @ZanneStapelberg

Het jy gehoor?

FOTO’S van Zanne se Katinka op 1 maand

Sangeres Zanne Stapelberg se klein Katinka is nou maar net 1 maand oud, maar dié pienkvoet is vreeslik oulik. Zanne het ’n paar foto’s van haar gedeel.

SARIE.com het ongeveer ’n maand gelede berig dat Zanne en haar man, Jomar de Lange, vir Katinka Louise verwelkom het. Hulle is reeds die trotse ouers van Alexander (5) en Maja (2).

Sy het ook ’n pragtige video aan ons verskaf waarin Alexander en Maja vir die eerste keer vir hul nuwe sussie ontmoet. (Kyk dít onder hierdie artikel.) Sy sê dít was moontlik een van die mooiste oomblikke in haar lewe.

Lees Zanne se onderhoud met SARIE oor haar miskrame HIER

Zanne was met Katinka vir meer as 27 uur in kraam, maar alles die moeite werd, want kyk net dié oulike gesiggie!

Kyk na die kostelike video waarin Alexander en Maja vir Katinka ontmoet, hieronder:

FOTO’S van nóg bekendes se babas