Victoria ontmoet Esmonic Marima in die hospitaal FOTO: Vogue

Het jy gehoor?

FOTO’S: Victoria Beckham in Suid-Afrika

Victoria Beckham is in die land! Die ma van vier, wat onlangs aangewys is as ’n Verenigde Nasies-ambassadeur, het ’n draai in Suid-Afrika kom maak om bewusmaking te skep vir die VN se MIV/vigs-veldtog. 

Sy het Sondag Soweto besoek en was gister in Limpopo.

Volgens The Daily Mail is haar grootste doelwit met dié veldtog om te verseker dat alle kinders sonder MIV gebore sal word, en dat kinders en vroue wat vigs het of daardeur geraak word, die nodige medisyne en versorging kry.

Victoria se belangstelling in die veldtog is vroeër vanjaar geprikkel tydens haar besoek aan Kaapstad.

Hier is ’n paar foto’s van Victoria tydens haar besoek:

 

Bron: The Daily Mail