Het jy gehoor?

FOTO’S: Vier jou rekmerke en ander lyne

Het jy al ooit gedink jou rekmerke en selluliet is mooi? Die sosiale media-veldtog Love Your Lines daag vroue uit om hul lywe (lyne en al) te aanvaar, berig Huffington Post

Volgens Buzzfeed is Love Your Lines reeds verlede jaar deur twee ma’s begin. Hul sosiale media platforms vier “regte vroue, regte lywe en regte skoonheid”.

FOTO: Instagram  loveyourlines

FOTO: Instagram loveyourlines

Heelwat vroue (340 om presies te wees) het dié uitdaging aanvaar en deel gereeld intieme, swart-en-wit foto’s op Instagram en Tumblr. Elke foto vertel ’n aangrypende, persoonlike storie, wat oor enigiets van selfmoordpogings tot post-baba lywe handel.

Minstens 134 000 mense volg Live Your Lines op Instagram.

Bronne: Huffington Post en Buzzfeed

Lees ook