FOTO: Clinton Lubbe (Geneem vir die Desember 2014-uitgawe)

FOTO: Clinton Lubbe (Geneem vir die Desember 2014-uitgawe)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Só vier Nataniël sy verjaardag

Nataniël het Sondag saam met die span wat betrokke is by After Animals, sy nuutste teaterproduksie, sy verjaardag gevier.

Die geleentheid is by die deftige Aurelia’s in die 5-ster- Peermont D’Oreale Grande Hotel by Emperors Palace gehou. Die blomme, kos en dekor was uit die boonste rakke. ’n Fees vir die oog en die smaaksintuig!

Die blomme is deur Willem Jansen van Vuuren gerangskik.

Sjef Justin Jonah en sy span het seker gemaak die gaste geniet ’n topgehalte-aandete.

Die ete het begin met Franse sjampanje en hors d’oeuvres, waarna die gaste geskroeide tuna, ’n Caprese-slaai en Noorweegse salm vir voorgereg geniet het.

Vir die hoofgereg is beesfilet en Rolo da Galinha (gevulde hoenderborsies) voorgesit.

 

Ná afloop van die hoofgereg is gaste bederf met kaasborde en sjokolade-torte (’n koek met verskillende lae en gevul met sjokolade-mousse of geklopte room) bedien.

Die vegetariërs het gebakte camembert in filodeeg, ertjie-en-prei-risotto en spinasie-en-ricotta-maultaschen (soortgelyk aan Italiaanse ravioli) geëet.

Lees ook

________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER