Het jy gehoor?

FOTO’S: Volg Lewis Pugh deur Ysland

Pugh se reis na Ysland ontvou daagliks op sy Twitterblad met raai-raai-speletjies en foto’s. Ons het enkele hoogtepunte uitgelig om die omgewingsaktivis se ongelooflike reis te wys.

Dit het op 2 Mei begin met ‘n lys van als in sy reistas: ‘n warm baadjie, ‘n mes, ‘n wolmus, swembroek, ’n swembrilletjie, ‘n tent en ‘n paar stewels. Hy vra toe sy Twitter-aanhangers om te raai waarheen hy op pad is, en hy noem dat selfs die naam van sy bestemming hom opgewonde maak …

Op 3 Mei het hy amptelik ge-twiet om te sê hy’s in Ysland, en selfs ‘n paar Yslandiese kroon-note op Twitter gesit. Foto’s van pragtige mere en gletsers het in die dae daarna gevolg. Waar sal hy kamp opslaan, vra hy met ‘n foto van die ruwe, Yslandiese landskap wat kamp na ‘n onbegonne taak laat lyk.

Later sien ons vir Lewis in ‘n warmwaterbron rondplas en dit het omtrent gegons op Twitter toe hy grappenderwys gesê het hy’s klaar met die yswater-swemmery.

Tans twiet hy foto’s van die water waarin hy ‘n paar toetslopies moet doen en verwelkom hy graag voorstelle van hoe ver hy op dag 1 moet swem.

Volg vir Lewis op sy Twitterblad. Hier’s van sy foto-hoogtepunte:

Een van die mooiste mere

'n Vulletjie is oornag gebore

Lewis Pugh in YslandKokende water spuit sowat 70 meter in die lug op uit 'n spuitbron (geysir)

Lewis Pugh in YslandBlokke ys dryf oral in die water waar Pugh sy toetsswem wil doen