FOTO: Instagram theellenshow

FOTO: Instagram theellenshow

Het jy gehoor?

Foto’s wat amper die internet “gebreek” het

Van katte tot die Kardashians … Dié foto’s wat bekendes met hul miljoene aanhangers op sosiale media gedeel het, het amper die internet “gebreek”, berig Lolwot.

Die TV-persoonlikheid Ellen DeGeneres het al ’n paar keer die sosiale media op hol gehad. Sy het tydens verlede jaar se Oscars ’n sterbelaaide selfie (hooffoto) opgelaai, wat al meer as 2 miljoen keer via Instagram gedeel is.

Die blondine het ook ná die geboorte van Simon Cowell se oulike seun, Eric, dié “gesinsfoto” opgelaai. Die egtheid van die foto kan wel bevraagteken word, maar nie die feit dat dit mense aan die praat gehad het nie.

FOTO: Instagram @theellenshow

FOTO: Instagram @theellenshow

Nes babas is katte altyd treffers op die internet. Voeg ’n bekende soos Taylor Switf by en jy het ’n wenner.

FOTO: Instagram taylorswift

FOTO: Instagram taylorswift

Gepraat van bekendes, elke keer as Justin Bieber ’n kaalbolyf-foto van homself oplaai, klop talle bakvissies se harte vinniger.

FOTO: Instagram  justinbieber

FOTO: Instagram justinbieber

En wat sal so ’n lys sonder Kim Kardashian wees? ’n Meer grafiese weergawe van dié foto het einde verlede jaar ook amper die internet “gebreek”.

Kim Kardashian

Lees volledige artikel HIER.

Bron: Lolwot

Lees ook