FOTO: Twitter @jo_annstrauss

FOTO: Twitter @jo_annstrauss

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jo-Ann Strauss in Australië

Die sakevrou en voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss kuier in Australië. Maar dit is nie nét om die Proteas te ondersteun nie.  

Dit is Jo-Ann, wat al die wêreld plat gereis het vir die glansprogram Top Billing, se eerste besoek aan dié land. Sy is daar om as seremoniemeester op te tree by die verwelkomingsgeleentheid van die BMW Golf Cup International.

Die bruinkop-skooheid het heelwat foto’s op sosiale media gedeel:

Jo-Ann het darem nie nét gewerk nie. Sy het tyd gehad om met haar modellyf in ’n bikini te pronk. 

FOTO: Facebook @Jo-Ann Strauss

FOTO: Facebook @Jo-Ann Strauss

Die trotse mamma was al verlede maand besig om haar eersteling se eerste verjaardag te beplan. Haar seun, wat in middel-Maart gebore is, se partytjie sal in Kampsbaai by die Camps Bay Retreat-sentrum gehou word. Sy ouers het by dié spesiale venue getrou.

Lees ook