Het jy gehoor?

FOTO’S: Willem Botha, Jay en ander se bosveld-wegbreek

Die kunstenaars van CO Productions was verlede week net buite Bela-Bela by die Zebula Gholf Estate & Spa vir hul jaarlikse bosveld-wegbreek. En as deel van hul ‘bosberaad’ het Willem Botha, Jay, Dewald Wasserfall, Ampie, Tanya Ackermann en Leah met slange en leeuwelpies gespeel. 

Bestuurder Corné Oosthuizen sê dat dié sangers taamlik besig gehou word: “Ons gaan jaarliks op só ’n wegbreek sodat die kunstenaars bietjie saam kan kuier, koppe by mekaar kan sit en beplan vir die jaar wat voorlê. Ons kry ook kenners om met hulle te gesels. Liedjie-skryf, sosiale media en die saamstel van ’n vertoning word bespreek.”

En as ons so na dié foto’s kyk, is daar ook altyd tyd vir pret!

Ampie, Dewald & Jay

Ampie, Dewald & Jay speel lekker

Blaai deur die galery vir nóg foto’s

Lees nou