Zelda la Grange FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO’S: Zelda la Grange kuier die wêreld oor

Vir 19 jaar was sy Madiba se “Zeldina”, sy regterhand. Sy het hom op reise
vergesel, was sy woordvoerder en vertroueling. Haar titel was eenvoudig:
persoonlike assistent. Nou vertel Zelda la Grange haar storie aan die wêreld …

Zelda se boek, Goeiemôre, Mnr. Mandela, is vroeër dié maand bekend gestel en het van die rakke gevlieg. Baie glo dié boek gaan oor Madiba, maar Zelda vertel aan SARIE dat dit nie die waarheid is nie.

“Dit gaan oor mý. Natuurlik is hy ook deel daarvan. Dis ’n mooi storie, ja, van verandering, groei, metamorfose,” vertel sy aan SARIE se Lydia van der Merwe.

Nou toer Zelda oor die wêreld met dié boek, waar sy haar en Madiba se verhaal ook aan ander mense vertel. “En dié boek kan mense dalk weer laat besef watter groot geskenk hy [Madiba] aan ons was. As dit my bydrae is, is ek tevrede,” sê sy.

Ons toer saam met Zelda met dié foto’s wat sy op Twitter gedeel het van haar besoeke aan New York, Washington D.C. en Toronto.

Zelda teken boeke vir SA diplomate en politici in Washington D.C. FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda teken boeke vir SA diplomate en politici in Washington D.C.
FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda en Gayle King, Oprah Winfrey se beste vriendin en redakteur van die tydskrif O in Amerika FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda en Gayle King, Oprah Winfrey se beste vriendin en redakteur van die tydskrif O in Amerika
FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Marci Ien van CTV Canada AM voer 'n onderhoud met Zelda FOTO: Twitter (@Katie__J)

Marci Ien van CTV Canada AM voer ‘n onderhoud met Zelda
FOTO: Twitter (@Katie__J)

Zelda en CTV Canada AM se Marci Ien  FOTO: Twitter (@Katie__J)

Zelda en CTV Canada AM se Marci Ien
FOTO: Twitter (@Katie__J)

By 'n vriendin, Lori, en Morgan Freeman met 'n partytjie in New York FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

By ‘n vriendin Lori en Morgan Freeman tydens ‘n partytjie in New York
FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda en Nadia Neophytou, SA joernalis by Eye Witness News in Amerika FOTO: Twitter (@NadiaNeophytou)

Zelda en Nadia Neophytou, SA joernalis by Eye Witness News in Amerika
FOTO: Twitter (@NadiaNeophytou)

Die sonsondergang in New York FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Die sonsondergang in New York
FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda is vandag in Toronto, Kanada FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

Zelda is nou in Toronto, Kanada
FOTO: Twitter (@ZeldalaGrangeSA)

AUGustus aug elma smit

*Lees in die Augustus-uitgawe van SARIE meer oor Zelda, haar boek en haar storie

 

 

 

Nóg oor Zelda op SARIE.com