franlau_2_
Het jy gehoor?

Francois van Coke is verloof

Die jongste is die koning van Afrikaanse rock, Francois van Coke. Hy en sy meisie van meer as nege jaar, Lauren Wiid, is verloof.  Francois het die groot vraag in die vakansie by Hermanus gevra.

“Ons het ’n aan-af-verhouding gehad van 2001 af, en sy was lank in Londen, maar vir die laaste twee jaar is ons in ’n solid verhouding,” vertel Francois.

Die twee het die verlowing saam beplan, maar sy het nie geweet wanneer hy haar sou vra nie. “Ek was ongelooflik op my senuwees voor ek haar gevra het, maar ek het geweet sy sou ja sê, aangesien sy self haar ring gekies het. Ek het dit uitgestel, maar het besef ek moet dit doen voor die vakansie verby is.”

Wynand Myburg, die baskitaarspeler van Van Coke Kartel, is ook verloof en beplan om in November te trou. “Wie sou ooit kon dink dat ons ook soos oumense sou trou,” lag Francois. Hy en Lauren gaan aanstaande jaar Januarie trou.

Die res van sy vriende en band-lede is baie opgewonde vir hul part.

En só lyk die pragtige ring:

Die ring