2089822122_40cd634705_z
Het jy gehoor?

Francois van Coke in Afrikaanse vampier-fliek!

Die storie gaan oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in SA ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.

Daarna reis hulle na die Klein-Karoo om die bose en bloedsuiende prins, bekend as Wyker, op te spoor en van kant te maak. Sodoende vervul hulle ’n eeue oue profesie. Die enigste probleem is dat dié profesie bekend is onder die vampiere en Wyker dus weet hulle is op pad…

Die rolverdeling bestaan onder andere uit Francois van Coke (van die groep Van Coke Kartel) Inge Beckmann (van die groep Lark), Rob van Vuuren (beter bekend as Twakkie) en veteraan-akteur Andre Roothman (onder meer in Arende en Known Gods).

Bloedsuier is glad nie ’n Afrikaanse weergawe van Twilight nie en is beslis nie vir sensitiewe kykers nie!

  • http://pkcmtjuqydlm.com/ xsgglqefyr

    3q05dx cwzutmbfruso, [url=http://srobocnqeisf.com/]srobocnqeisf[/url], [link=http://yjbtoopsqjez.com/]yjbtoopsqjez[/link], http://jnxbqsbribpv.com/