fran
Het jy gehoor?

Frank Sinatra jr. sterf op toer

Die seun van die legendariese sanger en akteur Frank Sinatra is gister aan ’n hartaanval oorlede. Frank Sinatra jr. was 72 jaar oud en self ’n sanger. Hy was op toer in Florida, waar hy treffers van sy pa gesing het, toe hy skielik gesterf het, berig CNN.

Sy oudste suster, Nancy Sinatra, het die hartseer nuus op sosiale media gedeel.

Frank sr. is in 1998 aan ’n hartaanval oorlede op 83-jarige ouderdom. Sy drie kinders kom almal uit sy huwelik van 12 jaar met sy eerste vrou, Nancy Barbato Sinatra.

’n Ou foto van pa en seun

Frank jr. word oorleef deur sy ma, sy susters, Nancy en Tina, en ’n seun, Michael.

Bronne: CNN, The Guardian

Lees nou